Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ekurhuleni gee 56 plase vir klein- en bestaansboere

Die Ekurhuleni-metro in Gauteng sê hy sal 56 plase (staatsgrond) in sy gebied ter waarde van R120 miljoen beskikbaar stel vir plaaslike klein- en bestaansboere.

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni.

’n Bykomende 100 ha sal ook aan die begunstigdes beskikbaar gestel word.

Die metro sê in ’n verklaring wat vroeër al uitgereik is die boere kan die grond by die metro huur.

Dit sal vir die metro ’n bykomende inkomste van R200 miljoen per jaar beteken.

Die boere sal ook ander ekonomiese voordele geniet.

Sowat R14 miljoen is vir die huidige finansiële jaar begroot om te betaal vir die dienste van navorsers en ekonome wat die program sal ondersteun, lui die verklaring.

Die beskikbaarstelling van die grond is deel van Ekurhuleni se program vir landbou-ontwikkeling en -ondersteuning.

Mzwandile Masina, burgemeester, het vroeër vanjaar in sy stadsrede gesê die plase sal beskikbaar gestel word om ekonomiese groei te stimuleer, werk te skep, by te dra tot die ontwikkeling van opkomende boere en om te help om die landbousektor te hervorm.

Ekurhuleni sê die projek sal bydra tot voedselsekerheid, om sy belastingbasis verhoog, en hom in staat te stel om kos uit te voer en beleggings te lok.

“Die inisiatief sal ook die lewensgehalte van ons mense verbeter.”

Die metro sê die boere sal tegniese ondersteuning, vaardigheidsopleiding, toegang tot finansiële ondersteuning en toegang tot markte kry.

Die metro sê in sy verklaring hy is besig om ekonomiese samewerkingsooreenkomste met die private sektor, staatsagentskappe, finansiële instellings wat ontwikkelingsprojekte finansier, nywerheidsorganisasies, landbou-organisasies, navorsingsinstellings en opleidingsorganisasies af te handel.

Ekurhuleni sê hy hoop om die landbou- en landbouverwerkingsektor in sy gebied te bevorder.

Die metro sê die boere sal tegniese ondersteuning, vaardigheidsopleiding, toegang tot finansiële ondersteuning en toegang tot markte kry.

Ekurhuleni sê ook hy hoop die projek sal help om die metro mededingender te maak.

* Annelize Crosby, Agri SA se grondhoof, sê dit is goed dat staatsgrond beskikbaar gestel word. “Maar as die nuwe boere net huurders is, sal hulle waarskynlik sukkel om finansiering te kry. Ons sou graag meer besonderhede oor die projek wou hê.”

Meer oor:  Ekurhuleni-Metro  |  Bestaansboere  |  Grond  |  Boere  |  Plase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.