Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ekurhuleni verwyder boom ná klagte

Vier jaar nadat ’n inwoner van Brakpan begin kla het oor ’n dooie boom wat met stompneuskewers oortrek is, het die Ekurhuleni-metro die boom die naweek uiteindelik verwyder.

Die boom het vier jaar gelede gevrek en was toe met stompneuskewers besmet.

“Dit het baie jare se gesoebat en gesmeek gekos, maar die boom saam met al die boorkewers is vandag suksesvol verwyder,” het Jan de Bruyn van Minnebron Saterdag in ’n e-pos aan Metro-Beeld-Suid en verskeie metro-amptenare gesê.

“Die area is ook baie netjies opgeruim. Baie dankie vir dit wat gedoen is!”

De Bruyn het die vorige week in ’n e-pos oor die besmette boom op die sypaadjie van Koos Vorsterstraat gekla.

“ ’n Mens kan dit in al die gate in die stam sien,” sê De Bruyn.

“Ek versoek die metro se parkeafdeling al meer as vier jaar om dié boom te verwyder.

“Die metro saag die ander bome in die omgewing tot op die grond af, maar die boom wat besmet is met die kewers bly staan.

“Hoe gaan ek die metro sover kry om die besmette boom te verwyder voor al die ander bome en struike in die omgewing ook besmet is?”

’n Metro-amptenaar het die volgende dag per e-pos aan De Bruyn gesê die metro sal aandag aan sy versoek gee.

Die Ekurhuleni-metro het die boom uiteindelik verwyder.
Meer oor:  Ekurhuleni-Metro  |  Brakpan  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.