Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Emfuleni-hoë is glo onder-gekwalifiseerd

Die administrasiebestuurder in die Emfuleni-munisipaliteit het nie die vereiste kwalifikasies om dié pos te vul nie.

Só sê Kingsol Chabalala, ’n DA-lid in die Gautengse wetgewer, in ’n mediaverklaring.

“Velile Mkhothwana, die administrasiebestuurder, het slegs ’n matrieksertifikaat agter sy naam. Oupa Nkoane, Emfuleni se munisipale bestuurder, het dit in ’n skriftelike antwoord op die DA se vrae aan die raad bevestig,” sê Chabalala.

“Volgens Nkoane vereis die pos ’n baccalaureusgraad en vyf jaar se ondervinding in bestuursadministrasie.”

Dié pos is ook nooit geadverteer nie.

Die DA eis dat Mkhothwana dringend vervang word en ’n gekwalifiseerde persoon wat aan die vereistes voldoen, aangestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.