Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Emfuleni se mense wil nie meer betaal

’n Groep inwoners van die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit dreig om nie langer vir hul dienste te betaal nie.

“ ’n Mens kan hulle nie verkwalik nie,” het Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, Woensdag in ’n verklaring gesê.

Dit is volgens haar duidelik dat Jacob Khawe, burgemeester, nie belang stel in die welsyn van die inwoners van Vanderbijlpark, Vereeniging, Sebokeng en Drie Riviere nie.

Sy sê ’n groep inwoners het byna ’n maand gelede ’n versoekskrif met 7 000 handtekeninge by die burgemeester se kantoor ingedien waarin hulle vra dat ’n openbare vergadering gehou word om probleme te bespreek. Van sy onderneming om binne sewe dae terugvoering te gee, het egter niks gekom nie.

“Khawe het wel erken dat Emfuleni onbestuurbaar geword het weens die groot agterstand met skuld aan Eskom en Randwater. Die munisipaliteit se skuld aan Eskom beloop R650 miljoen en aan Randwater R400 miljoen.

“Inwoners sukkel om die hoë dienstegeld te betaal terwyl daar feitlik geen dienste gelewer word nie. Hulle is moeg en moedeloos.

“Die inwoners kan dus nie kwalik geneem word as hulle weier om verder vir dienste te betaal nie,” sê Senekal.

Meer oor:  Emfuleni  |  Jacob Khawe  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.