Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Eskom dreig Govan Mbeki met donker oor R50 m. se skuld

Inwoners van Secunda, Bethal, Trichardt, Kinross en Evander in Mpumalanga is op die randjie daarvan om in die donker gelaat te word nadat die Govan Mbeki-munisipaliteit weer eens versuim het om sy rekening van R50 miljoen ingevolge ’n afbetalingsooreenkoms aan Eskom te betaal.

Die munisipaliteit het twee rekenings by Eskom, wat albei agterstallig is. Een rekening is vir die dorpe Kinross en Evander en die ander een vir Secunda, Trichardt en Bethal.

Die bedrae wat nou betaal moet word ingevolge die afbetalingsooreenkoms is onderskeidelik R29,9 miljoen en R19,4 miljoen.

Die munisipaliteit skuld Eskom R517 miljoen.

Chris Lekhuleni, Eskom se bestuurder vir kliënteverhoudinge, sê in ’n brief van 1 November dat die munisipaliteit weer eens nie gehoor gegee het aan die afbetalingsooreenkomste wat tussen die twee partye bereik is nie. Eskom waarsku nou dat indien die uitstaande bedrae nie binne 15 dae betaal word nie, sal die elektrisiteitstoevoer sonder enige verdere kennisgewing afgesny word.

Eskom het vroeër ’n dringende kennisgewing aan Felani Mndebele, munisipale bestuurder, gestuur waarin hy ingelig is dat Eskom die kragtoevoer op 19 Oktober sou afskakel indien hy nie betyds betaal word nie, maar dit het weer nie gebeur nie.

Dit was die derde keer sedert April dat Eskom gedreig het om die elektrisiteitstoevoer na die munisipaliteit te ontkoppel.

Op drie vorige geleenthede, die laaste was twee maande gelede, het die munisipaliteit onderneem om sy skuld aan Eskom te betaal. Maar ondanks dié ondernemings het dit nie gebeur nie.

Mndebele, Thandive Ngxonono, burgemeester, en Benzi Soko, woordvoerder, is deur News24 vir kommentaar genader, maar hulle het nie reageer nie.

Meer oor:  Govan Mbeki-Munisipaliteit  |  Bethal  |  Secunda  |  Evander  |  Kinross  |  Trichardt  |  Munisipaliteite  |  Munisipale Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.