Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Eskom ‘kom plig na in Parys’

Eskom sê hy kom al sy verpligtinge na teenoor die Ngwathe-munisipaliteit wat Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville bedien.

Die kragvoorsiener het Woensdag in ’n mediaverklaring gereageer nadat Phillip van der Merwe, ’n raadslid van die Vryheidsfront Plus, gesê het die kragprobleme in Parys lei tot die besoedeling van die Vaalrivier.

Die munisipaliteit moet selfs daagliks beurtkrag toepas om te verseker dat hy nie meer as die toegekende hoeveelheid krag wat Eskom aan hom verskaf, gebruik nie, het Van der Merwe gesê.

Die munisipaliteit is dan genoodsaak om van sy rioolpompe af te skakel wat tot die besoedeling van die Vaalrivier lei.

Volgens Eskom het die munisipaliteit vir ’n groter hoeveelheid elektrisiteit aansoek gedoen en dit word oorweeg word.

Eskom sê die kwessie word egter met die munisipaliteit bespreek en is onderhewig aan ’n proses van kredietbeheer.

Die kragverskaffer sal die munisipaliteit se kragvoorsiening verhoog sodra die munisipaliteit onderneem om sy groot agterstallige rekening te betaal.

Eskom sê hy kan nie roekeloos optree en die kragverskaffing vergroot as die munisipaliteit hom nie ten volle by die huidige betalingsooreenkoms hou nie.


Meer oor:  Parys  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.