Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Ferm optrede nodig’ om Emfuleni se skuldlas van R4,6 mjd. te pak

Die Emfuleni-munisipaliteit in Vanderbijlpark kort ferm optrede om hom uit die moeras van agterstallige skuld te lig.

Dit is volgens Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, wat Maandag op ’n nuuskonferensie gesê het dié munisipaliteit se skuld beloop ’n allemintige R4,6 miljard.

Die grootste skuldeisers is Eskom (R3,2 miljard teen die einde van Januarie vanjaar, waarvan R2,7 miljard ouer as 90 dae is), Rand Water (R1,3 miljard, waarvan R880 miljoen ouer as 90 dae is) en die Rooimiere (R35,7 miljoen).

“Ons het basies drie krediteure bo die R30 miljoen-kerf,” sê Maile.

Lebogang Maile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng.. Foto:GCIS

Volgens hom kon die administrateurs wat aangestel is om die munisipaliteit se geldsake reg te ruk nie daarin slaag nie en moes ’n nuwe span se hulp ingeroep word.

Die Emfuleni-munisipaliteit is in 2018 onder administrasie geplaas.

“Die aanvanklike ingryping het nie die gewenste uitwerking gehad nie met die munisipaliteit wat steeds ernstige uitdagings beleef en ’n sterker, fermer hand nodig het om dinge om te keer,” sê Maile.

“Die situasie het die uitvoerende komitee genoop om sy ingryping te hersien en hy het besluit om ’n nuwe span administrateurs aan te stel vir ’n tydperk onderhewig aan die vordering wat met die omkeerstrategie gemaak word.”

Volgens hom is een van die grootste uitdagings vir die munisipaliteit se finansiële lewensvatbaarheid en volhoubaarheid sy historiese skuld aan groot skuldeisers soos Eskom en Rand Water.

“Die administrateurs het dus met Rand Water vergader en daar is ingestem om die uitstaande bedrag te betaal. ’n Betalingsooreenkoms is bereik wat huidige bedrae en dié wat lank uitstaande is, insluit.”

Volgens Maile het Eskom met die munisipaliteit ooreengekom om saam oplossings te vind vir die kwessie van grootmaat-kragverbruikers soos Cape Gate, ’n plaaslike draad- en staalvervaardiger.

“Sommige van die groot kragverbruikers wat gedreig het om hul bedrywighede elders te vestig, wat tot groot werkverliese sou lei, het van plan verander in die lig van die goeie werk wat die administrateurs doen om die munisipaliteit reg te ruk,” sê Maile.

Meer oor:  Emfuleni  |  Lebogang Maile  |  Vanderbijlpark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.