Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Garsfontein of Garstfonteinweg met dié ekstra “t”
Die woonbuurt staan bekend as Garsfontein, maar die pad as Garstfonteinweg.

Hoekom is die naam van die woonbuurt Garsfontein, maar die straatnaam is Garstfonteinweg?

Menige Pretorianer het al kopgekrap oor dié ekstra “t” wat sy verskyning in dié bekende pad in die ooste van Pretoria maak.

Dit wil boonop blyk dat selfs die munisipaliteit deurmekaar geraak het met die straat- en woonbuurtnaam as jy kyk na die spelling op die verskeie straatnaambordjies.

Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, was die oorspronklike naam van die plaas waarop die woonbuurt ontwikkel is Garstfontein 374-JR.

“Die woonbuurt is toe Garsfontein genoem wat ’n moderner weergawe van dié naam is in Afrikaans,” sê Mashigo.

Die straatnaam word egter op verskeie plekke verkeerd gespel.

Daar is toe in 1995 besluit om die pad, wat vroeër as Menlyn-rylaan bekend gestaan het, na die plaas Garstfontein te noem. En dit is juis wat inwoners deurmekaar maak.

Die feit dat die straatnaam op verskeie plekke boonop verskillend gespel word, dra verder daartoe by.

Op die Facebook-groep Ek’s van die Ooste het verskeie mense al foto’s van die twee verskillende spellings van Garstfonteinweg geplaas en vir ander inwoners gevra of hulle weet wat die regte spelling nou eintlik is.

Volgens Mashigo moet inwoners die metro inlig van enige straatnaamborde waarop die spelling van die pad se naam verkeerd is.

Meer oor:  Tshwane  |  Garsfontein  |  Naam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.