Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Gatvol’ Parys-sakeliga wil strate nou self herstel

Die Parys-sakeliga wil met sy Gatvol-projek self ’n tiental slaggate in twee van die dorp se strate regmaak omdat die munisipaliteit dit nie doen nie.

Suleen Peens, voorsitter van die liga, sê die plan is om die sowat 50 slaggate in Schilbach- en Loopstraat te herstel.

Hulle het nou al te veel e-posse en versoeke aan die munisipaliteit gerig wat op dowe ore val, sê sy.

“Daardie strate is ’n risiko. Nie net word motorbande beskadig nie, maar dit is die strate waar skole en ’n kleuterskool geleë is. Ma’s met hul kinders stap oor die straat.”

Een van die gate is 2 m lank en 2,5 m breed. Uitswaai is nie ’n opsie as daar aankomende verkeer is nie, sê Peens.

Sy sê die sakeliga het R10 000 nodig om die twee strate ten minste rybaar te maak.

Johan Smit, bestuurslid van die Parys-sakeliga, by van die slaggate wat inwoners nou self wil herstel.Foto: Verskaf

“Ons is afhanklik van die inwoners se ondersteuning en vra borgskappe van R100 per gat. Gelukkig is inwoners gewillig om te help. Selfs inwoners wat nie eens in daardie strate bly nie, dra by.”

Die eerste gate sal Saterdag herstel word.

“Ons gaan nie kontrakteurs gebruik nie. Die inwoners self gaan die werk doen om die gat voor te berei, teer te gooi, dit te stamp en toe te sien dat daar vir drie uur nie voertuie daaroor ry nie.”

Peens sê Parysenaars laat nie op hul wag nie. ’n Groep vrywilligers het verlede naweek ’n parkie skoongemaak en hierdie naweek word nog ’n parkie netjies gemaak.

“Ons moet vir mense sê hulle is nog wetlik verplig om hul munisipale rekeninge te betaal, maar die munisipaliteit kan ons nie keer om die verantwoordelikheid op onsself te neem nie.”

Die sakeliga wil die slaggat-projek ook na ander strate in die dorp uitbrei, sê Peens.

Meer oor:  Sakeliga  |  Parys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.