Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gauteng dalk in ’30 1 sentrum

Gauteng gaan moontlik teen 2030 een reuse-sentrum wees, met Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane as sy sakekerne.

Dít is van die strategieë wat die provinsie verlede Maandag met burgemeesters en stadsbase van 137 metro’s vanoor die wêreld heen bespreek het.

Die byeenkoms is vanjaar deur die Gautengse provinsiale regering in Sandton aangebied.

Die fokus van die byeenkoms was veral op inklusiwiteit.

Hoewel inklusiwiteit in sekere kontekste verskillende betekenisse het, sê Rashid Seedat, hoof van beplanning in die premierskantoor, die Gautengse regering wil die infrastruktuur en ruimtelike ontwikkeling benut om ongelykheid te bestry.

“Alle stede kry met verstedeliking te doen omdat al hoe meer mense in stede eerder as in landelike gebiede woon,” sê Seedat.

Gauteng het sy strategieë vir 2030 voorgelê.

Seedat sê Gauteng gaan in die toekoms ’n reuse-sentrum wees, met Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane as kerne, en vertakkings in die townships en buurte.

Gauteng beplan om landbou veral in Sedibeng in die suide van die provinsie te bevorder.

Ekurhuleni sal steeds die lughawestad wees en die Wes-Rand hoofsaaklik ’n industriële en logistieke gebied. Daar gaan meer gefokus word op Magaliesburg as ’n toerismebestemming en Tshwane en Centurion word vir motorvervaardiging geoormerk.

Die kragstasies in Kelvin en Pretoria-Wes gaan benut word om elektrisiteit te genereer.

Boonop gaan die provinsie 12 nuwe Gautrein-roetes ontwikkel. – Jeanelle Greyling

Meer oor:  Rashid Seedat  |  Tshwane  |  Ekurhuleni  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Burgemeesters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.