Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gebruik water spaarsamig, vra Tshwane-raad

Vlakke van reservoirs in die Tshwane-metrogebied het in die afgelope paar dae skerp gedaal en inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Van die watervlakke is kritiek laag.

Die huidige hoë temperature is ’n bydraende faktor en die vraag na water is besonder hoog.

“Omdat die reservoirvlakke beduidend daal, is maatreëls ingestel om die vlakke te beheer en te keer dat dit nie onder 50% daal nie. Inwoners word dus gevra om minder water te gebruik,” sê Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, by navraag.

Die Tshwane-metroraad sê in ’n verklaring die daling kan ook toegeskryf word aan ’n 30%-waterbeperking wat Rand Water ingestel het vir die westelike voorstede.

Dié beperking is reeds op 19 September ingestel en sal die hele somer duur tot die tweede fase van die Lesotho-Hoogland-waterskema voltooi is.

“Beperkings op die geïntegreerde Vaalrivierstelsel het daartoe gelei dat Rand Water ook beperkings op sy kliënte opgelê het,” sê Mashigo.

Rand Water het die metroraad in kennis gestel van ’n beplande afskakeling van die Lesotho-Hoogland-waterskema wat op 1 Oktober begin het en tot 30 November sal duur. In dié tyd sal die watertonnel gedreineer word vir inspeksie en instandhouding.

“In dié tydperk sal geen water van Lesotho na die Vaalrivier gepomp kan word nie,” sê Mashigo.

Hy verseker egter die inwoners dat daar geen kans is dat krane in dié tyd sal opdroog nie.

Wenke om water te spaar

* Maak tuine voor 06:00 of na 18:00 nat en net wanneer nodig.

* Plant inheemse of droogtebestande struike in die tuin.

* Gebruik ’n besem in plaas van ’n tuinslang om opritte of patio’s skoon te maak.

* Gebruik gryswater om tuine nat te maak en toilette te spoel.

* Rapporteer waterlekke en gebarste pype.

* Installeer waterbesparing toestelle.

Meer oor:  Tshwane  |  Waterbeperking  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.