Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Geen kontant op Go George-busse aanvaar

Geen kontant word meer op busse van die Go George-busdiens aanvaar nie.

Volgens die busdiens maak dit deel uit van sy pogings om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Die maatreël is sedert Sondag van krag.

Tot verdere kennisgewing sal die Go George-slimkaart wat 20 maande gelede in gebruik geneem is, die enigste manier wees om vir ritte te betaal. Dit kos R21 vir ’n eerste kaart wat twee vooraf gelaaide ritte insluit. ’n Bewys van identiteit moet getoon word.

’n Slimkaart-kiosk Foto: Verskaf

Die normale prys van die kaart is R25, maar daar is geen ritte ingesluit nie en ’n bewys van identiteit is nie nodig nie, luidens ’n verklaring. Enigeen kan kaarte vir familie, vriende of werknemers gaan koop. Hulle kan die aanbod van die eerste kaart gebruik as hulle die identiteitsdokumente saamneem van die mense vir wie hulle die kaarte koop.

Slimkaarte word verkoop by die Slimkaart-kiosks in Transport Hub in die middedorp. Dit is in Yorkstraat langs die burgersentrum by die Blanco-driehoek en die Garden Route Mall in George.

Twee mobiele slimkaartvoertuie reis ook deur die dorp en parkeer op bepaalde plekke volgens ’n vaste weeklikse program. Kaarte kan ook herlaai word by hierdie vaste en mobiele kiosks. ’n Netwerk van herlaaipunte is oor die hele dorp gevestig en word voortdurend uitgebrei met nuwe ondernemings wat bykom om die punte te huisves.

Gaan na www.gogeorge.org.za, stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za of skakel 0800 044 044 skakel vir meer inligting.

Meer oor:  Go George  |  Busse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.