Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Geld vir busroetes in Kaapstad nie verlore

Die Kaapstadse metro het nie ’n begroting van R320 miljoen bestee aan die projek om roetes van die MyCiTi-busdiens uit te brei in die suidelike voorstede en na die Kaapse Vlakte nie.

Dié geld kom van die nasionale tesourie vir die 2019-’20-boekjaar wat op 30 Junie ten einde geloop het.

Volgens ’n vorderingsverslag oor die vervoer-direktoraat van die metro vir die laaste kwartaal van die 2019-’20-boekjaar was daar nie kapitale projekte gereed vir implementering nie, en daarom kon die R320 miljoen nie bestee word nie.

Die metro moet nou ’n versoek aan die tesourie rig dat die geld steeds beskikbaar gestel sal word vir die uitbreiding van die MyCiTi-roetes.

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het by navraag gesê die projekte waarvoor die R320 miljoen beskikbaar gestel is, word nog beplan en ontwerp en is nie gereed om ingestel te word nie.

“Om die geld toe te ken was ooroptimisties as ’n mens die metro se gereedheid om dit te gebruik in ag neem. Daar is verskeie kompleksiteite rondom die uitvoering van so ’n mega-projek,” sê Purchase.

Werk wat deel vorm van Fase 2A van die MyCiTi-busdiens. Foto: Verskaf

Sy sê die geld is nie verlore nie. Daar is gesprekke met die nasionale tesourie en daar is in beginsel ooreengestem dat die geld in fases betaal sal word. Die sperdatum om heraansoek te doen vir die geld was op 31 Augustus en die metro het sy aansoek voor die datum ingedien.

Volgens Purchase voorsien die metro geen rede waarom die R320 miljoen nie weer toegeken sal word nie. Volgens vorige skakeling tussen die Kaapstad-metro en nasionale tesourie behoort die antwoord oor die geld in Oktober verkry te word.

Volgens Purchase is die projekte deel van die 2020-’21-boekjaar.

Fase 2A, amptelike naam van die uitbreiding van die nuwe projek om MyCiTi-infrastruktuur uit te brei, is vyf jaar gelede aangekondig en die doelwit is om Khayelitsha en Mitchells Plain te verbind met Claremont en Wynberg. Dit sluit hoofroetes in, soos die roete tussen die middestad en die Weskus-gebied van die metropool, met groot toegeboude bushaltes en ook kleiner oop haltes.

Op die vraag of daar in die laaste vyf jaar enige nuwe roetes by die MyCiTi-busdiens gevoeg is, het Purchase gesê: “Oor die laaste vyf jaar was ’n span verantwoordelik vir die ontwerp en implementering van nuwe roetes, asook die verlenging van bestaande roetes om die passasiers wat die Fase 1-roetes gebruik beter te bedien.”

Dit is ongelukkig dat gewelddadige protes as verskoning gebruik word om openbare eiendom te vernietig, maar die Kaapstad-metro kan nie toelaat dat ’n paar misdadigers keer dat ’n noodsaaklike diens aan inwoners verskaf word nie.

Volgens Purchase is daar nuwe roetes en verlengde roetes bygevoeg in Atlantis, Houtbaai, Parklands en Koebergweg, waar daar aansienlike groei in die aantal passasiers was wat die diens gebruik.

Sy het ook verwys na bykomende en sneldiens-roetes wat ingestel is vanweë die toenemende vraag na die diens. Die N2-snelroete na Mitchells Plain en Khayelitsha is egter reeds langer as ’n jaar opgeskort. Dit het ’n impak op die getalle pendelaars wat die MyCiTi-busse gebruik.

In die middestad moes roetes ook aangepas word weens die kleiner vraag as wat verwag is, veral op die kleiner roetes.

Groot skade is ook aan infrastruktuur en busse aangerig gedurende protesaksie en met vandalisme.

Purchase het hieroor gesê die Kaapstadse metro is toegewy daaraan om ’n geskeduleerde openbare vervoerdiens te lewer wat veilig, ordentlik en bekostigbaar is. Die MyCiTi-busdiens is noodsaaklik as deel daarvan, veral in die tyd dat treindienste ineengestort het en meer pendelaars staatmaak op padvervoer om by die werk en ander eindpunte uit te kom.

“Dit is ongelukkig dat gewelddadige protes as verskoning gebruik word om openbare eiendom te vernietig, maar die Kaapstad-metro kan nie toelaat dat ’n paar misdadigers keer dat ’n noodsaaklike diens aan inwoners verskaf word nie,” volgens Purchase.

Meer oor:  Felicity Purchase  |  Kaapstad  |  Busroetes  |  Geld  |  Myciti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.