Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gemeenskap gaan self talle parke, verkeerseilande in stand hou
Die grassnyer waarmee die Universitas-woonbuurtvereniging in Bloemfontein gaan help om 25 parke en 86 verkeerseilande in stand te hou. Van links is Schalk van Vuuren, voorsitter van die vereniging, Hennie van Niekerk, DA-raadslid, Almarie Entius, ondervoorsitter van die vereniging, en Sylvia Burger, sekretaresse. Foto: Marietjie Gericke

Inwoners van die woonbuurt Universitas in Bloemfontein gaan nou self 25 parke en 86 verkeerseilande in die stad in stand hou.

Volgens die DA-raadslid Hennie van Niekerk gaan hy en sowat 20 gemeenskapslede die werk onder die naam van die Universitas-woonbuurtvereniging doen. Die vereniging is in 2019 gestig.

Die Mangaung-metro is onder administrasie geplaas en het nie genoeg personeel en toerusting nie.

Van Niekerk sê die vereniging hoop om genoeg skenkings van sakeondernemings en bydraes van gemeenskapslede te kry om die vereniging uit te bou.

“Die idee is dat dit soos die woonbuurtverenigings in Fichardtpark en Pellissier moet funksioneer.”

Van Niekerk sê hulle sal eendag die werk wil uitkontrakteer wanneer vereniging geldelik sterk genoeg is.

* Inwoners of sakelui wat maandeliks wil bydra, kan die voorsitter van die vereniging, Schalk van Vuuren, by 082 412 4175 bel.

Meer oor:  Instandhouding  |  Parke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.