Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gemeenskap kap na ANC oor voorafbetaalde watermeters

Die gemeenskapsorganisasie Hornlee United wat weier dat voorafbetaalde watermeters in Hornlee in Knysna in die Suid-Kaap geïnstalleer word, het na die ANC in Knysna gekap omdat die meters goedgekeur is terwyl dit elders deur die party teengestaan word.

’n Voorafbetaalde watermeter

Hornlee United het vroeër gevra dat mense nie moet stem vir die partye (die DA, ANC en Cope) wat by die stadsraad se besluitnemingsproses oor die meters betrokke was nie.

Die ANC in Knysna het die besluit Vrydag in ’n verklaring verduidelik en onder meer gesê watertekorte speel ’n rol. Die party sê huishoudings wat meer as die gratis 5 kiloliter water gebruik, moet daarvoor betaal.

Hornlee United wil weet waarom die ANC in Knysna vir die meters veg terwyl die ANC in die Kaapse metro daarteen is en die ANC landswyd ’n groepsgeding teen die meters het.

Hornlee United vra voorts of die DA en ANC in Knysna “bedmaats” is omdat albei saamgestaan het om die vorige burgemeester (Eleanore Bouw-Spies) die trekpas te gee en die huidige burgemeester (Mark Willemse) te kies en daar word gewonder waaroor hulle nog saamstem.

Hornlee United bevraagteken ook die dringendheid van die besluit om die meters te installeer en vra waarom die ANC nie eerder grond beskikbaar stel vir agtererf-bewoners in Hornlee of watertenks vir elke huishouding nie.

Volgens Hornlee United is dit onwaar dat hy ingevolge die ANC se verklaring aan enige politieke party soos die EFF of die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) behoort. Hornlee United is apolities en sal met enige organisasie saamwerk wat vir die armes veg.

Hornlee United sê die arm gemeenskap het beter van die ANC en ander raadslede verwag wat vir hulle moet baklei.

Water is ’n basiese reg en volgens Hornlee United word rykes (met hotelle en verblyfplekke met swembaddens) nie by die besluit ingesluit nie.

* Die Knysna-munisipaliteit het vroeër gesê die projek word in hulpbehoewende gebiede en plekke sonder meters begin, maar gaan later na die res van die munisipale gebied uitgebrei word.

Sowat 342 watermeters is reeds geïnstalleer. Die meters is deel van ’n strategie om sy watervoorraad en -aanvraag te beskerm om volhoubaarheid op lang termyn te verseker.

Meer oor:  Anc  |  Hornlee United  |  Hornlee  |  Knysna  |  Voorafbetaalde Watermeters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.