Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
George-busdiens se fase 4B gaan voort

Fase 4B van die Go George-busdiens sal op 22 Maart in werking gestel word.

Dit is Dinsdag in George aangekondig waar Fikile Mbalula, minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, en ander belanghebbendes van onder meer van die taxibedryf, ’n dokument onderteken het ter stawing van die projek se hervatting.

Die aankondiging volg op maandelange onderhandelings.

Die roete sal die gebiede Conville, Parkdene, Borchards en Lawaaikamp bedien.

Fikile Mbalula (middel) en Bonginkosi Madikizela (regs) Dinsdag in George. Foto: Verskaf

Fase 4A (Thembalethu) sal later bespreek word wanneer probleme met infrastruktuur daar aandag gekry het.

Mbalula het onder meer gesê George se mense, veral dié in Thembalethu, moet die ware begunstigdes wees van die Go George-inisiatief.

Volgens hom is die projek tot stilstand gedwing deur kwessies soos of die taxibedryf behoorlik daardeur bemagtig word. Feit moes van fiksie onderskei word en ’n opname is ook gedoen om die aanvraag en aanbod te bepaal, het hy gesê.

Volgens hom moet die inwerkingstelling van geïntegreerde openbare vervoernetwerke die taxibedryf bemagtig en nie slegter daaraan toe laat nie. Die bemagtiging moet lede se deelname aan die hoofstroom-ekonomie insluit, hul inkomstebasis vergroot en hul ondernemings diversifiseer.

Mbalula het gesê die inwerkingstelling van Fase 4A is verder vertraag deur die toestand van die padinfrastruktuur in Thembalethu. Die nasionale departement sal kyk of hulle die nodige finansiering kan bekom, onder meer vir die konstruksie van ’n brug.

Madikizela het Mbalula bedank vir sy hulp om die projek vorentoe toe te vat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.