Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
George gaan voort met vervoerplan

Die inwerkingstelling van fase 4B van George se openbare geïntegreerde vervoernetwerk gaan voort ondanks ’n versoek van Blade Nzimande, minister van vervoer, dat dit opgeskort moet word.

Die George-munisipaliteit het vroeër bekend gemaak dat dié fase op 28 April in gebiede soos Conville, Lawaaikamp en Parkdene ingestel word.

Nzimande het Woensdag in ’n verklaring gevra dat die Wes-Kaapse regering sy planne vir eers moet opskort.

Nzimande het gereageer op ’n brief van Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, wat Nzimande inlig oor die beoogde inwerkingstelling op 28 April.

In sy brief sê Grant fase 4A (Thembalethu) is oorgeslaan omdat die George-munisipaliteit nie die steun van die Uncedo-taxivereniging en die Taxi Commuter Forum (TCF) kon kry nie.

Nzimande vra dat die vervoernetwerk eers in Thembalethu ingestel word voordat hulle voortgaan met fase 4B.

Siphesihle Dube, Grant se woordvoerder, sê by navraag die inwerkingstelling van fase 4B gaan vir eers voort. Volgens hom sal Grant reageer op die kwessies wat Nzimande geopper het. Al die werk van fase (4B) kan nie nou vertraag word nie.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  George  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.