Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Geweld vlam weer op in Kimberley

Die plaaslike owerhede in Kimberley het Dinsdagoggend ’n waarskuwing uitgereik dat daar “ernstige kommer bestaan oor mense se veiligheid” in Galeshewe waar geweld Maandag opnuut voorgekom het. Die biblioteek is ook gedeeltelik afgebrand.

“Voertuie is met klippe bestook en paaie word steeds deur oproeriges versper,” sê Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Mense is gewaarsku om uit die strate te bly.

“Slegs in uiterste noodgevalle moet mense op die pad wees,” sê Matsie.

Hy het ’n beroep op ouers gedoen om hul kinders veilig te hou en almal gevra om die nooddienste toe te laat om hul werk te doen.

Vullisverwydering is opgeskort omdat dit nie veilig vir die werkers is nie.

“Die polisie het hul versekering gegee dat hulle sal voortgaan om die situasie in bedwang te probeer hou.”

Die onrus in Kimberley en Galeshewe het Maandag voortgeduur en weer Dinsdagoggend opgevlam. Foto: Charné Kemp

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.