Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gift of Givers nou wel vergoed vir werk in Makhanda

Ná ’n burokratiese rompslomp en ’n dispuut oor finansiering het die regering ingestem om Gift of the Givers te vergoed vir die werk wat hulle in Makhanda met die waterkrisis gedoen het.

Gift of the Givers deel water uit aan inwoners van Makhanda tydens hul waterkrisis. Foto: Argief

Gift of the Givers, wat in Februarie ingegryp het in Makhanda, het verlede week gesê hy moet sy humanitêre hulp in die dorp staak. In die proses het die organisasie weens ’n geldnood al sy hulpmiddele, insluitend watertenks en boorgatpompe, aan die dorp onttrek.

Hulle het in 13 weke meer as R15 miljoen bestee om die munisipaliteit en sy inwoners te help, het Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers gesê.

Sooliman het Vrydag bevestig daar is ná ’n vergadering ooreengekom dat die organisasie tot ’n mate vergoed gaan word.

Dié vergadering is deur afgevaardigdes van die organisasie, asook die departement van water en sanitasie, die departement vir samewerkende regering en tradisionele sake en die premier se kantoor bygewoon.

Volgens Sooliman het die voorsitter op die vergadering gesê daar is nie langer ’n waterkrisis op die dorp nie en dat die situasie gestabiliseer het.

Hy sê die fakture wat Gift of the Givers ingehandig het vir werk wat hulle gedoen het, is op die vergadering bespreek.

Nog inligting oor van die fakture is aangevra. Dit sal teen Dinsdag ingedien word.

Sooliman meen sy organisasie was te alle tye oop en eerlik.

“Die fakture sal vergelyk word met die werk wat reeds gedoen is. ’n Volledige samevatting van die werk is reeds op 18 Mei deur ’n tegniese span van die departement van water en sanitasie gedoen.

“Die vergadering is belê op grond van dié samevatting en die gehalte van ons intervensie.”

Die vergadering is belê op grond van dié samevatting en die gehalte van ons intervensie.

Sooliman sê die staat sal betaling oorweeg vir 11 van die 15 boorgate wat gesink is.

“Geen verdere hulp in enige vorm word deur die Gift of the Givers benodig nie. Die munisipaliteit het ’n lys van gekose verskaffers om werk te voltooi waar nodig.”

Gift of the Givers oorweeg die munisipaliteit se versoek om in die belang van die gemeenskap 20 watertenks gratis aan hulle te verskaf.

“Ons is tevrede met die uitkoms van die vergadering.”

Meer oor:  Imtiaz Sooliman  |  Makhanda  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.