Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
G’n hidrokrag om beurtkrag in Kaapstad te versag nie

Weens noodsaaklike instandhoudingswerk kan die Steenbrasdam nie hidrokrag opwek om die uitwerking van beurtkrag in Kaapstad te versag nie.

Die Kaapstad-metro het Maandag gesê die werk by dié opgaardam tussen Gordonsbaai en Grabouw sal tot April voortduur.

Die Steenbrasdam. Foto: Bruce Sutherland

In gevalle waar beurtkrag aangekondig is, word die Steenbrasdam gewoonlik gebruik om bykomende kapasiteit op te wek.

Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie, sê dit het in die verlede gehelp om gebruikers op ’n laer vlak van beurtkrag te hou, maar is tans nie moontlik nie weens die instandhoudingswerk.

“Dié werk is beplan vir die tyd van die jaar wanneer die kraggebruik op sy laagste is om die uitwerking op gebruikers te beperk. Met Eskom se jongste beurtkrag kan die metroraad egter nie bystand aan sy kliënte bied nie.”

Fase 2-beurtkrag is Sondag aangekondig en Eskom het dit Maandagmiddag na fase 4 verhoog.

Volgens Maxiti is kraggebruik in Kaapstad reeds betreklik laag weens besparingsveldtogte oor die jare.

“Om minder krag te gebruik, sal dus nie nou help om die uitwerking van beurtkrag te versag nie, veral weens die werk aan die Steenbras-kragskema.”

Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie

Die metroraad het navrae oor beurtkrag na Eskom verwys.

In Junie verlede jaar het die metroraad aangedui dat 180 MW krag by dié hidrokragstasie opgewek word. Snags word elektrisiteit dan teen ’n goedkoper tarief van Eskom aangekoop om water vanaf die Benede-Steenbrasdam na die Steenbrasdam te pomp sodat dit deur die hidrokragturbines kan loop.

Meer oor:  Kaapstad  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.