Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Good vra OB moet na Kaapse eiendomstransaksie kyk

Die Good-party het die openbare beskermer (OB) gevra om ondersoek in te stel na Kaapstad se grondtransaksies in die middestad.

Brett Herron, ’n Good-LPW in die Wes-Kaapse Wetgewer, sê daar moet dringend vasgestel word of die verkoop van gesogte eiendom in die middestad aan Growthpoint Properties bo verdenking was.

Die Kaapse middestad. Foto: Media24

Herron sê burgerregtegroepe was gekant teen die verkoop van gesogte eiendom in Laer Langstraat in 2016 aan Growthpoint, teen R140 miljoen minder as wat die eiendom glo werd is.

Good het sy kommer uitgespreek dat die Kaapstadse metro die afgelope week geweier het om ’n forensiese verslag oor die transaksie bekend te maak.

“As wins gemaak word uit die verkoop van waardevolle bates wat aan die staat behoort, kom dit die burgers toe, nié private maatskappye nie,” het Herron gesê.

Hy sê die stad kon die bykomende geld gebruik het om gesubsidieerde huise te bou, of selfs biblioteke, of beter beligting en toerusting te installeer in gebiede wat onder misdaad en bendegeweld deurloop pleks daarvan dat die ontwikkelaar ’n allemintige afslag van R140 miljoen kry.

Herron wil hê die OB moet vasstel of die transaksie wettig was, en ook kyk wat die werklike aard van die verhouding tussen die DA en die eiendomsmaatskappy is.

Meer oor:  Ob  |  Good  |  Brett Herron  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.