Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Goudveld: Eskom is verkeerd, sê munisipaliteit

Eskom het kwaadwillig opgetree toe hy op die Matjhabeng-munisipaliteit se bankrekening beslag gelê het, lui ’n mediaverklaring deur dié munisipaliteit.

Kgojane Matutle, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit glo ook dat sy teeneis van R4,5 miljard ’n geldige eis is omdat Eskom binne die munisipale gebied krag aan huise, plase en myne verskaf.

Dit weerhou die munisipaliteit van ’n inkomste en die eis is gegrond op die verlies van inkomste wat die munisipaliteit reeds sedert 2000 ly.

Matutle sê Matjhabeng meen Eskom se eis sal of nietig verklaar word of met ’n groot bedrag verminder word.

Hy sê weens die dispuut tussen die munisipaliteit en die kragverskaffer was Eskom verplig om die dispuut na die forum vir bemiddeling vir staatsinstellings te verwys voordat hy op die munisipaliteit se bankrekening kon beslag lê.

Die munisipaliteit kon weens die beslaglegging nie sy diensverskaffers of salarisse betaal nie.

Matutle sê die munisipaliteit het 139 plase as sekuriteit aangebied omdat Eskom Matjhabeng se dringende hofaansoek wou teenstaan en dit daartoe kon lei dat die bankrekening vir weke bevries sou word.

Matutle sê dit kon dienslewering benadeel indien hulle in ’n hofstryd gewikkel sou raak. Daarom het die munisipaliteit besluit om die plase aan te bied.

Eskom het hiertoe ingestem.

Hy sê die plase is net vir sekuriteit aangebied en dit raak glad nie die plaashuurders nie.

Die plase is ook net beskikbaar as sekuriteit vir die eise wat Eskom suksesvol kan bewys.

Die munisipaliteit sê Eskom maak inbreuk op sy grondwetlike reg om in sy gebied dienste te lewer en hy sal dit nie duld dat ’n ander staatsinstelling op sy regte inbreuk maak nie.

Matutle sê Eskom se optrede tydens die geskil het daartoe bygedra dat nog geen oplossing gevind kon word nie.

Meer oor:  Matjhabeng-Munisipaliteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.