Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Goudvelders eers sonder krag, nou sonder water

Goudvelders steier onder die een diensleweringskrisis ná die ander en teen Vrydag was Hennenman en Ventersburg reeds ’n derde dag sonder water.

’n Kabelprobleem by die Koppie Alleen-wateraanleg in Riebeeckstad, Welkom, het daartoe gelei dat water nie na die twee dorpe se reservoirs gepomp kon word nie.

Dié probleem met die kabel het Woensdag op ’n Eskomkraglyn ontstaan en tegnici het volgens Sedibeng Water, die grootmaatwaterverskaffer in die gebied, tot Vrydagoggend gesukkel om die probleem op te spoor.

Eskom het tegnici uit Bloemfontein gestuur wat vasgestel het dat ’n groot deel van die kabel uitgebrand het.

Foto ter illustrasie.

Eskom het Vrydag gesê dit gaan die hele dag duur om die kabel te vervang en eers daarna sal Sedibeng Water kan begin om water na die twee dorpe se reservoirs te pomp.

Omdat die hele waterstelsel reeds leeggeloop het, sal van die inwoners waarskynlik eers weer teen Maandag water hê.

Mense in Hennenman en Ventersburg kry by ander inwoners boorgatwater, maar in die townships heers daar ’n krisis en is duisende mense sonder water. Die Matjhabeng-munisipaliteit het vier watertenkwaens gestuur om die nood te verlig.

Intussen het groot dele van Welkom vroeër die week drie dae lank nie krag gehad nie.

Welkom se sakekern en verskeie woonbuurte is sonder krag gelaat nadat die wind Sondagaand twee 132 kVA-kragmaste, wat deur roes beskadig is, omgewaai het.

Eskom se instandhoudingspanne was Dinsdagmiddag nog besig om dit te herstel toe nog ’n mas, die keer op die Everest-Witpanlyn, omval. Hierdie kraglyn verskaf krag aan nog ander dele van Welkom en aan twee myne.

Eskom sê dit het omgeval omdat ’n ankerdraad gesteel is en dit die struktuur verswak het.

Die gebiede wat Sondagaand geraak is, sowel as die ander woonbuurte, het eers teen Woensdagaand weer krag gehad.

Meer oor:  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.