Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Groenste metro: PE behaal 3de plek

Die Nelson Mandelabaai-metro het onlangs die derde plek behaal in die jaarlikse Groenste metro-kompetisie.

Dit is weens sy inisiatiewe om die stad “groener” te maak, sê Mthubanzi Mniki, ’n woordvoerder van die metro.

Die Johannesburg-metro het met die louere weggestap, terwyl die Mangaung-metro die naaswenner was.

Volgens Mniki het hulle vir die 2016-’17-boekjaar ingeskryf.

Die wenners is Dinsdag op ’n seremonie in Bloemfontein aangekondig en pryse is deur Barbara Thomson, adjunkminister van omgewingsake, oorhandig.

“Die direktorate wat aan die kompetisie deelgeneem het, was dié van openbare gesondheid (rommelbeheer, parke en begraafplase) en van water en sanitasie,” sê Mniki.

“Die assesseringsverslag vir dié metro wat deur die beoordelaars saamgestel is, sal binnekort aan die stadsbestuurder beskikbaar gestel word.”

Dié verslag sal ook aan Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, oorhandig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.