Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Grondgrype: Petrolbom tref beampte in gesig
Dan Plato, burgemeester van Kaapstad. Foto: Kaapstadse metroraad

Die kookpot van grondbesetting het Saterdag oorgekook in Kraaifontein toe ’n petrolbom in ’n njala-voertuig van die Kaapstadse metropolisie gegooi is en ’n metro-polisiebeampte brandwonde aan sy gesig en arms opgedoen het.

Die situasie het so versleg dat ’n inwoner wat bekommerd was oor sy veiligheid toe grond naby sy huis beset is, ’n skoot in die lug geskiet het.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê die metro-polisiebeampte het sleg gebrand. Hy is na die Netcare N1 City-hospitaal gebring en was teen laatmiddag buite gevaar.

Volgens Plato was lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die metropolisie al vroegoggend op die toneel waar mense probeer het om sowat 70 onwettige strukture op te rig in die omgewing van Bloekombos.

Paaie is versper met brandende bande en wat mense ook al in die hande kon kry om aan die brand te steek.

Een van die inwoners het ’n wapen gehad en ’n skoot in die lug geskiet. Die mense sê hulle moet hulself nou beskerm en kan nie wag vir die polisie om op te daag nie,

“Een van die inwoners het ’n wapen gehad en ’n skoot in die lug geskiet. Die mense sê hulle moet hulself nou beskerm en kan nie wag vir die polisie om op te daag nie,” sê Plato.

Sowat 20 gemeenskapsleiers het met Plato in sy kantoor in die Burgersentrum in die middestad vergader. Plato sê hulle het besluit om daar te praat omdat dit te gevaarlik is om in Kraaifontein te probeer byeenkom.

Hulle sal Sondag verder vergader met die polisie asook metropolisie oor hoe die situasie bestuur kan word.

Volgens Plato was daar in ander dele van Kaapstad nog sporadiese voorvalle waar mense probeer het om grond te beset, maar lede van die metropolisie kon hulle keer.

Meer oor:  Dan Plato  |  Kraaifontein  |  Petrolbom  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.