Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Grondgrypers ‘sal ander grond kry om op te bou’

Onderhandelinge is gevoer met die grondgrypers in Winburg en Steven Koalane, uitvoerende burgemeester, en Simon Tsekedi, munisipale bestuurder, het dit duidelik gemaak dat hulle nie sommer enige stuk grond kan gryp nie, sê Kapung Ralikontsane, direkteur-generaal (DG) van die Vrystaatse provinsiale regering.

Van die grondgrypers wat met grawe en pikke in en buite Winburg toegesak het. Foto: Verskaf

“Alternatiewe munisipale grond gaan beskikbaar gestel word waarop dié mense hul huise sal kan oprig en wat deur die Masilonyane-munisipaliteit vir hulle gediens sal word.”

Brunhilde Rossouw, DA-raadslid, sê van die besetters het oorkant die Truck Stop aan die N1 begin om erwe uit te meet.

Ander besettings is op die munisipale grond tussen die township Makeleketla en Winburg.

Rossouw, wat die omstandighede fyn dopgehou het, sê geen strukture is Vrydag opgerig nie.

Victor Duma, hoof van die departement samewerkende regering en tradisionele sake, sê ’n dringende interdik sal deur die hof aangevra word as mense onwettig grond gryp, maar in dié geval blyk dit nie nodig te wees nie.

Koalane en Tsekedi is gebel, maar hulle het nie hul telefone geantwoord nie.

Meer oor:  Winburg  |  Onderhandelinge  |  Grondgrypers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.