Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Groot dele van Potch Vrydag sonder krag

’n Groot deel van Potchefstroom sal Vrydag van 08:00 tot 12:00 sonder krag wees.

Dis egter nie weens beurtkrag nie, maar omdat ’n Eskom-transformator aan die kragnetwerk gekoppel moet word, het Willie Maphosa, woordvoerder van die J.B. Marks-munisipaliteit wat die gebied bedien, gesê.

“Sowat 80% van die stad, insluitend Promosa en Mohadin, sal hierdeur geraak word.”

Promosa en Mohadin is onderskeidelik die tradisioneel bruin en Indiër-woonbuurte digby die stad.

“Ons is jammer oor die ongerief, maar dit is nodig om noodsaaklike instandhoudingswerk te doen,” het hy gesê.

Die J.B. Marks-munisipaliteit stuur gedurende die tyd van inperking die jongste rekeninge en state per SMS aan belastingbetalende inwoners in Ventersdorp en Potchefstroom.

“Dit is gestuur aan alle belastingbetalers wie se selfoonnommers in ons databank is. Inwoners word versoek om hul rekeninge teen 10 April deur middel van elektroniese betalings te betaal.”

Meer oor:  Potchefstroom  |  Kragonderbreking  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.