Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Groot gespartel om dorpswater se kleur reg te stel

Amptenare van die Emalahleni-munisipaliteit in Mpumalanga moet ononderbroke werk om die vreemde kleur van die water reg te stel wat glo tot paniek onder inwoners gelei het.

Sizwe Mayisela, munisipale bestuurder, sê die water het al langer as drie weke ’n bruinerige kleur. Die inwoners het dus grondige vrae wat beantwoord moet word.

Sizwe Mayisela, munisipale bestuurder van die Emalahleni-munisipaliteit Foto: Emalahleni.gov.za

“Hulle wil weet wat ons gaan doen om dit reg te stel en van hulle wonder selfs of dit veilig is om die water te drink,” het Mayisela Woensdag in ’n verklaring gesê.

Volgens die munisipaliteit se tegnici word die kleur aan ’n hoë konsentrasie mangaan toegeskryf, wat met steenkoolmyne gepaardgaan.

Die gewone watersuiweringsaanleg is nie ontwerp om dié opgeloste deeltjies te suiwer nie.

Dié aanleg moet opgeknap word om die mangaan uit die water te kan verwyder, maar dit is volgens die munisipaliteit ’n “arbeidsintensiewe proses met hoë waterverliese”.

Reservoirs gaan ook skoongemaak word om die risiko van besmetting op die lange duur weens afsaksels in die water te verhoed.

Die publiek is gewaarsku dat die water met ’n hoë konsentrasie mangaan vlekke kan veroorsaak. Daar word egter benadruk dat die suiweringsaanleg se water nie ’n gesondheidsgevaar inhou nie.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Herstelwerk  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.