Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Groot waternood in Swartruggens

Die Swartruggensdam in Noordwes is byna leeg – dit is nou maar sowat 6,4% vol.

Inwoners van die Swartruggens-omgewing gaan die feestyd gevolglik met ernstige waterbeperkings tegemoet.

Volgens Sannah Magakgala, woordvoerder vir die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat die gebied bedien, is die Swartruggensdam die hoofbron van water vir dié gebied. Die watervlak is egter nou so laag dat water nie meer uit die dam gepomp kan word nie omdat die water wat oor is nie veilig vir gebruik is nie.

Die munisipaliteit verskaf nou watertenks en -houers aan inwoners in verskillende gebiede en rus vyf boorgate toe om seker te maak dit funksioneer behoorlik.

Hulle was onbevoeg deurdat hulle nie betyds die nodige alternatiewe maatreëls ingestel het om seker te maak die dorp het water nie.

Andreas Peens, ’n prokureur wat die belastingbetalersvereniging in die gebied verteenwoordig, het Maandag gesê hulle vermoed die munisipaliteit het vir te lank aangehou om water uit die dam te pomp. “Hulle was onbevoeg deurdat hulle nie betyds die nodige alternatiewe maatreëls ingestel het om seker te maak die dorp het water nie.”

Een ligpunt is dat inwoners die feestyd nie donker sal binnegaan nie. Dít nadat die hooggeregshof in Pretoria Eskom tot 25 April 2019 verbied het om beurtkrag toe te pas weens die munisipaliteit se uitstaande skuld van sowat R50 miljoen aan hom.

Dié tussentydse bevel bly nou geldig totdat die hofgeding afgehandel is oor of Eskom die kragtoevoer mag beperk weens die uitstaande skuld, sê Peens.

Eskom vra in sy hofstukke wat einde November by die hooggeregshof ingedien is, onder meer die hof moet die munisipaliteit met ’n bevel dwing om die uitstaande skuld binne tien dae te betaal, en die lopende rekening binne 30 dae.

Luidens Eskom se hofstukke betaal Kgetlengrivier nie die geld aan hulle oor wat hulle van die verskaffer van voorafbetaalde krag kry nie. Inwoners koop die krag by dié verskaffer. Die verskaffer betaal die munisipaliteit, wat veronderstel is om Eskom dan te betaal. Eskom sê in hofstukke die feit dat die munisipaliteit dit nié doen nie, kom op diefstal neer. “Eskom se finansies is benard en hulle sal nie meer onbepaald elektrisiteit kan voorsien indien munisipaliteite nie hul skuld betaal nie.”

Carel van Heerden, voorsitter van die gebied se belastingbetalersvereniging, het vroeër gesê die munisipaliteit gebruik die geld wat hulle van die verskaffer kry vermoedelik vir onkoste soos salarisse.

Joseph Mogale, munisipale bestuurder, het nie Maandag sy selfoon beantwoord of op boodskappe reageer nie. Hy het egter vroeër gesê die munisipaliteit betaal wel die kraggeld aan Eskom oor, maar die grootste gedeelte word gebruik om opgehoopte rente op die skuld te delg. Mogale het erken die rente het opgebou omdat die munisipaliteit weens ernstige geldelike nood nie in staat was om die afbetalingsooreenkoms met Eskom te eerbiedig en die paaiemente betyds te betaal nie.

Meer oor:  Droogte  |  Water  |  Waternood  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.