Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Gryp in by waterkrisis, vra DA

Die waterprobleme in Vrystaatse dorpe duur voort en Bethlehem, Paul Roux en Rosendal is net drie van talle dorpe wat steeds onder watertekorte gebuk gaan.

Brunhile Rossouw, ’n DA-raadslid in Winburg, sê hier sukkel die inwoners in hoogliggende dele van die dorp nou al maande lank sonder water.

Niemand weet wat die probleem is nie, maar water bereik net nie sekere gebiede nie, sê sy.

Die DA in Dihlabeng het Dinsdag gevra dat by die krisis in dié munisipale gebied ingegryp word.

Die Jordaanrivier is in vloed maar Bethlehem, Paul Roux en Rosendal se inwoners sukkel sonder water.

Die raadslede Willie Theunissen en Jafta Mokoena sê in ’n mediaverklaring die regering moet dringend ingryp.

Raadslede het Maandag plaaslike dorpe en informele nedersettings besoek om te kyk hoe inwoners deur die waterprobleme geraak word.

Inwoners van Paul Roux het Saterdag laas water gehad en sê hulle moet honderde meter ver loop om water by ’n dam te gaan kry.

Paaie in die gebied is boonop in só ’n toestand dat dit die vervoer van water bemoeilik.

In Rosendal is die waterkrisis nog groter en inwoners stoot kruiwaens kilometers ver om water by hul huise te kry. Hulle kry hier water by ’n windpomp.

Die raadslede sê sommige van die paaie kan net met ’n vierwielaangedrewe voertuig gebruik word.

In Rosendal is glo een watertenker gesien wat water aanry, maar volgens die inwoners is dit hopeloos te min om almal te help, sê die DA.

Die munisipaliteit kon ook nie sê wanneer water weer beskikbaar sal wees nie.

Tshediso Maitse, woordvoerder van die Dihlabeng-munisipaliteit, het vroeër gesê die watersuiweringsaanleg in Bethlehem sukkel om genoeg water vir al die inwoners te suiwer.

Rosendal en Paul Roux se water kom ook van Bethlehem.

Meer oor:  Da  |  Paul Roux  |  Rosendal  |  Bethlehem  |  Waterkrisis  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.