Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Guy Fawkes-vieringe ‘ ’n dekmantel vir misdadigheid’

Die tyd het aangebreek dat mense wat die viering van Guy Fawkes as ’n dekmantel vir misdadigheid gebruik, vasgevat word, sê die Kaapse metroraad.

Die stadsowerhede het Dinsdagaand te midde van klagtes oor onder meer onwettige vuurwerk, aanrandings en klipgooiery op die Kaapse Vlakte bontgestaan.

Die metroraad se nood-kommunikasiesentrum het tussen 06:00 en 23:00 sowat 345 oproepe ontvang. Die meeste was van inwoners wat gekla het dat vuurwerk in hul woongebiede afgevuur word.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, het gesê die metroraad se wetstoepassers, die metropolisie en die verkeersdiens, asook die Dierebeskermingsvereniging was almal in die sentrum byeen.

“Geen ernstige voorvalle is oornag aangemeld nie, maar beamptes het wel aangemeld dat voertuie op die hoek van Militêre Weg en Prins George-rylaan in Lavender Hill, waar sowat 100 jeugdiges bymekaar was, met klippe bestook is.

Ons kan nie die koste bereken wat individue gely het wie se eiendomme beskadig of vernietig is deur die vandale wat op Guy Fawkes die strate oorgeneem het nie.

“Metropolisiebeamptes het vuurwerk in Kleinvlei, Eersteriver en Ravensmead gekonfiskeer, terwyl van hul kollegas vuurwerk in Atlantis, Big Bay en Athlone gekonfiskeer het,” het Smith gesê.

Die brandweer-en-reddingsdienste is ook uitgeroep na veldbrande wat deur vuurwerk in Jakkalsvleiweg, Bonteheuwel en Connaughtweg in Cravenby Estate ontstaan het. Die brande was egter geblus voordat die brandweer opgedaag het.

Daar was ook talle oproepe oor jeugdiges wat mense en voertuie geteiken en aangeval het.

Smith het gesê ’n video-opname van ’n voorval in Elsiesrivier, waarin ’n groep kinders ’n man aanrand, illustreer wat jaar ná jaar in baie gemeenskappe afspeel.

“Ons kan nie die koste bereken wat individue gely het wie se eiendomme beskadig of vernietig is deur die vandale wat op Guy Fawkes die strate oorgeneem het nie. Dit kan duisende rande kos om te herstel, maar die sielkundige impak is veel groter.

“Dit is tyd dat ons hierdie tradisie, wat ’n klein minderheid ten koste van die meerderheid voortsit, begin uitwis.”

Meer oor:  Guy Fawkes  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Misdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.