Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hangbrug in Oudtshoorn word opgeknap
Die hangbrug in Kerkstraat, Oudtshoorn. Foto: Verskaf

’n Geskiedkundige brug in Oudtshoorn gaan ’n nuwe baadjie kry.

Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, sê planne vir die 91 m lange hangbrug in Kerkstraat is in 1913 deur die stadsraad goedgekeur.

Die konstruksie van die brug is in 1914 afgehandel.

“Daar is besef dat ’n brug nodig was omdat ontwikkeling aan die ooste- en westekant van die Grobbelaarsrivier begin het, maar dat dié dele afgesny is wanneer die rivier in vloed is. Die brug is in 1964 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.”

Volgens Mangqwengqwe het die instandhouding van die brug agterweë gebly en die brug het vervalle geraak.

“Die enigste manier om die brug tot sy oorspronklike toestand te herstel is deur dit op te knap. Daar is R180 000 begroot vir die herstelwerk. ’n Tender is geadverteer en ’n plaaslike kontrakteur is aangestel teen ’n koste van R175 230, BTW uitgesluit. Alle beskadigde houtwerk sal vervang word en die metaal sal geverf word volgens die presiese spesifikasies van die oorspronklike struktuur,” sê hy.

Die werk sal na verwagting teen 20 Julie voltooi wees.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Opknapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.