Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hantsi moet huurskandaal verduidelik

Die VF Plus het Neels van Rooyen, die voorsitter van die komitee oor openbare rekeninge in die Vrystaatse Wetgewer, versoek om die voorsitter van die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK), Hantsi Matseke, te vra om antwoorde te verskaf oor nog ’n Vrystaatse eiendomskandaal.

So sê Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer.

Tammy Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse wetgewer. Foto: Netwerk 24

Sy sê in ’n nuusverklaring mediaberigte dui daarop dat geld van die VOK, ’n staatsbeheerde entiteit, onreëlmatig in die sakke van ’n sakeman van Parys beland het.

Dit is in openbare belang dat Matseke aan die komitee verduidelik waarom die VOK sedert 2016 nie meer die huur van ’n studentebehuisingskema, die Brandwag-woonstelle in Bloemfontein, invorder nie en ook waarom ’n maatskappy waarvan die direkteur glo noue bande met die uittredende Vrystaatse premier, Ace Magashule, het, sedertdien voordeel uit die verhuring daarvan trek.

Volksblad se verskeie mondelinge en skriftelike navrae die afgelope week by Ikhraam Osman, waarnemende uitvoerende hoof van die VOK, is na die VOK se regsafdeling verwys en is steeds onbeantwoord.

Wessels sê in ’n nuusverklaring die funksie van die VOK is om, in samewerking met die Vrystaatse regering, die ekonomie uit te bou met projekte wat werkskepping stimuleer. Dit is nie, soos in die geval van die Vrede-suiwelprojek, om individue met politieke bande te bevoordeel nie.

“Die berigte van die VOK se moontlike betrokkenheid by nog ’n eiendomskandaal is egter geen verrassing vir die Vrystaat nie, aangesien daar ook die moontlikheid bestaan dat dieselfde korporasie betrokke was by ’n eiendomstransaksie van R9 miljoen waarby Magashule se dogter glo baat gevind het,” sê Wessels.

Terwyl die Vrystaat sug van verligting omdat Magashule se termyn van nege jaar aan die einde van Maart tot ’n einde kom, bly ongerymdhede in verskeie Vrystaatse regeringsprojekte opduik.

Hierdie bewerings moet ondersoek word en die VF Plus wil toesien dat Matseke in haar hoedanigheid as voorsitter van die VOK verduidelik waarom ’n sakeman geld kry wat vir die Vrystaat bedoel was.

Die VOK het gesê Matseke is nie die aangewese persoon om die vrae te beantwoord nie, maar Osman is, waarna die navrae na die VOK regsafdeling gestuur is.

Meer oor:  Tammy Wessels  |  Vf-Plus  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.