Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Harrismith kry dalk gou weer water

’n Kontrakteur wat nie betyds chemikalieë aan die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit gelewer het nie, is die oorsaak dat die watertoevoer in Harrismith onderbreek moes word.

So sê Mpho Mabena, munisipale woordvoerder oor water.

Volgens haar kon die water nie gesuiwer word nie en moes die watertoevoer noodgedwonge opgeskort word.

“Die leweransier het eers vanoggend (Maandagoggend) die chemikalieë gelewer en teen 13:30 is begin om weer water tot by die reservoirs te pomp.

Inwoners het behoorlik gal gebraak op die Facebook-groep Harrismith Nuus.

“Dis moeilik om te sê presies wanneer huishoudings weer water in hul krane sal hê.

“Die eerste huise se waterlewering kan teen vanaand (Maandagaand) herstel word. Dit is veilig om te sê almal sal teen môreaand (Dinsdagaand) weer water hê,” sê Mabena.

Sommige huise en ondernemings in dié Oos-Vrystaatse dorp is reeds sedert Saterdagmiddag sonder ’n druppel water.

Inwoners het behoorlik gal gebraak op die Facebook-groep Harrismith Nuus.

Eras Huisamen stel voor daar moet ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf word.

“Ek is seker hy sal iets hieromtrent doen,” sê Huisamen.

Meer oor:  Harrismith  |  Watertoevoer  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.