Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hartenbosrivier se watergehalte weer op peil

Die Hartenbosriviermond by Hartenbos in die Suid-Kaap is weer veilig om by uit te span.

Derduisende mense sak gewoonlik in Desember op Hartenbos toe en die rivier is ’n gewilde uitspanplek.

Die Hartenbosrivier.Foto: Verskaf

Maandagoggend is die rivier heropen en alle kennisgewingborde verwyder wat mense gewaarsku het om nie die rivier vir ontspanningsdoeleindes te gebruik nie.

Die Mosselbaaise munisipaliteit sê die rivier mag nou weer vir ontspanningsdoeleindes soos swem, hengel en die uithaal van aas gebruik word.

Die jongste uitslae van laboratoriumtoetse op die rivierwater wys ’n groot verbetering en dat die E.coli-vlakke onder meer binne die aanvaarbare norm is.

Volgens die munisipaliteit word die verbetering in water-gehalte toegeskryf aan die daaglikse gety nadat die riviermond verlede week oopgemaak is.

Die munisipaliteit monitor steeds die gehalte van die rivierwater en in geval van enige verandering sal die publiek in kennis gestel word.

* Volgens die munisipaliteit het die departement van omgewingsake verlede Maandagmiddag laat toestemming gegee dat die riviermond oopgemaak kan word.

Die afgelope tyd was daar kommer oor die toestand van die rivier.

Op 19 November het die uitslag van toetse van die rivierwater, wat die Hartenbosrivier-forum by ’n onafhanklike laboratorium in George gedoen het, onder meer gewys die sulfaat-, ammoniak- en E.coli-vlakke is hoër as die aanvaarbare vlakke en dat dit op rioolbesoedeling dui.

’n Versoek aan die departement van omgewingsake om die riviermond oop te stoot, is toe van die hand gewys.

Die munisipaliteit het voorverlede week mense afgeraai om die rivier vir ontspanningsdoeleindes te gebruik weens die swak gehalte van die water.

Meer oor:  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.