Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hessequa-streek kry vlak 2-waterbeperkings

Vlak 2-waterbeperkings is vir die hele Hessequa-distrik in die Suid-Kaap ingestel.

Die streek sluit dorpe in soos Riversdal, Stilbaai, Heidelberg, Albertinia en Witsand.

’n Vroeëre foto van die Korentepoortdam.Foto: Verskaf

Volgens die Hessequa-munisipaliteit beteken dit tuine mag slegs twee keer per week tussen 18:00 en 19:00 natgespuit word. Die reëling geld op Maandae en Donderdae vir huise met gelyke straatnommers en op Dinsdae en Vrydae vir huise met ongelyke straatnommers.

Tuinslange mag onder toesig gebruik word, asook emmers, gieters en outomatiese besproeiingstelsels vir die natmaak van tuine, op voorwaarde dat dit binne die toegelate tydgleuf is.

Die afspuit van harde oppervlakke is verbode en voertuie, woonwaens en bote mag slegs met ’n emmer gewas word.

Ander waterbronne soos reënwatertenks of boorgate moet op ’n sigbare wyse geïdentifiseer word.

Vergunnings sal oorweeg word vir byvoorbeeld ouetehuise.

Munisipale dienste, wat sportgeriewe en munisipale bates insluit, is uitgesluit van bogenoemde beperkings en sal op ’n ad hoc-grondslag bestuur word.

Volgens die Hessequa-munisipaliteit word die situasie in al die dorpe gemonitor en sal strenger beperkings ingestel word indien die droogtetoestand nie verbeter nie.

Die Korentepoortdam is tans 52,96% vol en 10,8 mm reën het die afgelope week in die omgewing geval. Die Duivenhoksdam is 62% vol, die Olive Grovedam 43% en die Jongensfonteindam 100%.

Meer oor:  Hessequa-Munisipaliteit  |  Albertinia  |  Witsand  |  Heidelberg  |  Riversdal  |  Stilbaai  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.