Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Het Bfn Saterdag water of nie?

Terwyl waterverbruikers Vrydag op hete kole gewag het om te hoor of waterlewering aan die Mangaung-metro Saterdag weer tot 30% verminder gaan word, was dit steeds nie duidelik of dit gaan gebeur nie.

Die metro het Vrydag slegs R14,6 miljoen van sy skuld aan Bloemwater oorbetaal, word uiters betroubaar verneem.

Bloemwater beweer die metro skuld hom in dié stadium meer as R767 miljoen en het die metro reeds op 7 November kennis aan gegee dat waterlewering op 7 Desember tot 30% verminder sal word as die geld nie betaal word nie.

Kido ThoabalaFoto: Facebook

Rossouw Botes, DA-raadslid en woordvoerder oor watersake van dié party, het gesê hy kon vasstel dat die metro Vrydag slegs R14,6 miljoen aan Bloemwater oorbetaal het – ’n betaling wat volgens ’n afbetalingsooreenkoms op ou skuld maandeliks betaal moet word. Dit is bo en behalwe die maandelikse verbruik wat altyd sowat R55 miljoen beloop.

Laasgenoemde bedrag is nie Vrydag betaal nie, het Botes gesê.

Volgens hom is hy bewus daarvan dat die metro die laaste drie maande ook geen betalings vir die maandelikse verbruik aan Bloemwater gemaak het nie.

Botes het gesê die metro het gewag vir ’n nasionale toelae van die tesourie af wat teen Vrydag nog nie oorbetaal was nie.

“Die Vrystaatse departement van openbare werke het ook aanvanklik aangedui dat hy R100 miljoen van sy R1 miljard se skuld aan die metro sou betaal, maar kon slegs R13 miljoen aan die metro oorbetaal.”

Botes het gesê die vraag is steeds waarom die metro nie die geld wat die inwoners getrou vir water betaal aan Bloemwater oorbetaal nie.

Kido Thoabala, assistent-kommunikasiebestuurder van Bloemwater, het vroeër die week gesê die instansie het die metro op 7 November reeds in kennis gestel dat hy die waterlewering op 7 Desember tot 30% gaan verminder as die metro versuim om te betaal.

Thoabala het gesê daar is nog nie vir haar gesê dat Bloemwater beslis Saterdag die waterlewering aan Mangaung tot 30% gaan verminder nie.

“Ek dink nie dit gaan al Saterdag gebeur nie.”

*Adv. Tankiso Mea, stadsbestuurder, is Vrydag deurentyd verskeie kere gebel, maar hy het nooit een van sy twee selfone beantwoord nie.

*Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, het gesê hy is nie bewus daarvan dat Bloemwater Saterdag sy waterlewering aan die metro tot 30% gaan verminder nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Water  |  Mangaung-Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.