Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hoë amptenaar in Limpopo se turf kan sit ná verslag

Strafregtelike klagte gaan ingedien word teen die voormalige ANC- munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo nadat die raad Dinsdag ’n verdoemende forensiese verslag aanvaar het.

Dingaan Motshwene, speaker van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, en Marlene van Staden, burgemeester.

Dié munisipaliteit is een van net twee munisipaliteite in Limpopo wat deur ’n DA-koalisie bestuur word. Die ander is Thabazimbi.

Marlene van Staden, burgemeester, sê die forensiese verslag het gefokus op betalings wat aan die munisipaliteit se krediteure gedoen is, beweerde wanbestuur van toelaes wat gebruik moes word vir infrastruktuur-opknapping en “verdagte betalings wat uit die munisipale bankrekening gedoen is”.

“Dit is vir my verblydend dat die munisipale raad vandag die forensiese verslag aanvaar het. Die raad het sy oorsigrol namens die gemeenskap oor die finansiële sake ernstig opgeneem,” sê Van Staden.

Die ANC en EFF het op ’n raadsvergadering verlede week geweier om die forensiese verslag te aanvaar.

Daar heers onmin in die munisipale raad sedert die DA-koalisie in beheer gekom het ná die munisipale verkiesing in 2016.

Van Staden sê dit gebeur te gereeld in die land dat wanneer openbare geld “verdwyn,” ondersoeke gedoen word en verslae ter tafel gelê word, “maar dat niemand verantwoordelik gehou word nie. In die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit sal dit nie langer geduld word nie.”

Daar heers onmin in die munisipale raad sedert die DA-koalisie in beheer gekom het ná die munisipale verkiesing in 2016.

Dr. Sheppard Mhlanga, waarnemende munisipale bestuurder, gaan strafregtelike klagte indien teen Oupa Sebola, voormalige munisipale bestuurder, sowel as twee maatskappye wat glo onregmatig geld van die munisipaliteit gekry het.

Van Staden sê tugstappe sal ook teen die betrokke munisipale amptenare gedoen word.

“Ek hoop die aanvaarding van die forensiese verslag sal ’n nuwe era van verantwoordbaarheid vir die Modimolle-Mookgophong- plaaslike munisipaliteit beteken, waar elke sent wat van die belastingbetaler verhaal word, aan die verbetering en uitbreiding van dienslewering bestee sal word,” sê Van Staden.

Van Staden en Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, sal Woensdag meer inligting bekendmaak oor die maatskappye wat glo onwettig geld uit die munisipale koffers gekry het.

Meer oor:  Marlene Van Staden  |  Limpopo  |  Thabazimbi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.