Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hoekom het Bobani soveel wagte nodig? vra DA

Hoekom het Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, nou vier keer meer veiligheidswagte – sonder dat enige risiko-ontleding eers gedoen is?

Mongameli Bobani, burgemeester vir die Nelson Mandelabaai-metro, het nou glo agt veiligheidswagte. Foto: Cara-Lee Dorfling

So vra Gustav Rautenbach, DA-woordvoerder oor veiligheid in die metro, nadat Bobani se getal veiligheidswagte glo van twee tot agt toegeneem het.

Twee hiervan is glo uit die metro se departement vir veiligheid aan Bobani afgestaan, terwyl vier van die beamptes, plus twee voertuie, van die metropolisie en die verkeersdepartement afkomstig is.

Rautenbach sê beamptes word weggeneem uit departemente wat reeds personeeltekorte ervaar om “nienoodsaaklike dienste” te lewer.

“Verkeersbeamptes word aangestel teen ’n maandelikse salaris van sowat R28 000, terwyl metropolisiebeamptes sowat R18 000 per maand verdien. Die verwydering van verkeersdepartement- en metropolisievoertuie en -beamptes van die paaie om die burgemeester rond te volg, het koste- implikasies.”

Rautenbach sê die nodige risiko-ontleding is ook nie gedoen nie.

“Dit moet gedoen word om te bepaal of bykomende veiligheidsbeamptes inderdaad nodig is om die veiligheid van die burgemeester te verseker.”

Hy sê hy gaan binnekort vrae hieroor in die metroraad vra en gaan eis dat ’n risiko-ontleding gedoen word.

George Geleba, Bobani se woordvoerder, het by navraag gesê hy kan nie kommentaar op Bobani se veiligheidsmaatreëls lewer nie.

Dit kan nie roekeloos in die media hanteer word of as desperate politieke speelbal gebruik word nie.

Geleba sê wel hulle let met groot kommer daarop dat Rautenbach inligting oor die burgemeester se veiligheidsmaatreëls aan die media bekend maak “in ’n desperate poging vir politieke gewin”.

“Dit is ’n sensitiewe veiligheidskwessie. Dit kan nie roekeloos in die media hanteer word of as desperate politieke speelbal gebruik word nie,” sê Geleba.

Hy moedig Rautenbach aan om sy vrae in te dien. Dit sal dan deur die regte kanale en binne die veiligheidsriglyne hanteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.