Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hoës van George-munisipaliteit geskors

Die George-munisipaliteit sê ’n waarnemende munisipale bestuurder moet nog aangewys word nadat Trevor Botha, die huidige munisipale bestuurder, en Walter Hendricks, direkteur van gemeenskapsdienste, voorlopig geskors is hangende ’n ondersoek teen hulle.

Trevor Marillac neem in Hendricks se plek waar as die direkteur van gemeenskapsdienste.

Trevor Botha Foto: Verskaf

Die besluit is Maandag op ’n spesiale raadsvergadering deur die DA-koukus geneem. Dit hou verband met die bevindinge in ’n forensiese verslag oor bewerings van bedrog, korrupsie, wanadministrasie en ernstige wanpraktyke in die George-munisipaliteit.

Die ondersoek is deur Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, aangevra.

Die George-munisipaliteit het by navraag die skorsing van die twee mans bevestig.

* Die jongste verwikkelinge kom nadat die DA verlede Donderdag Melvin Naik, die burgemeester, per brief ingelig het dat sy lidmaatskap van die party beëindig is.

Die DA het in ’n verklaring gesê Naik is nie meer ’n lid van die party nie en dus ook nie meer ’n raadslid van George nie.

Naik is vroeër 48 uur gegee om as burgemeester te bedank, maar hy het geweier.

Die besluit hieroor kom nadat die DA-koukus in George op 27 Januarie ’n mosie van wantroue in Naik aanvaar het weens dieselfde forensiese verslag.

Meer oor:  Trevor Botha  |  George  |  Ondersoek  |  Munisipaliteit  |  Geskors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.