Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hof beveel dat Bitou-raad nuwe leierskap kies

Die raad van die Bitou-munisipaliteit in die Wes-Kaap moet ingevolge ’n bevel van die hooggeregshof Dinsdag vergader om ’n burgemeester te kies en dan voortgaan met die agenda van ’n vergadering wat op 31 Mei verdaag is.

Dié bevel verlede week is deur die ANC in Bitou as ’n oorwinning van die inwoners “teen politieke opportunisme en korrupsie” verwelkom.

Sandiso Gcabayi, waarnemende burgemeester en ANC-raadslid, het Donderdag gesê die hof het Bill Nel van die DA en Peter Lobese van die Active United Front (AUF) belet om hulself as onderskeidelik burgemeester en speaker van Bitou voor te hou.

Die hofbevel het ook die besluite wat onder Nel en Lobese in dié tyd geneem is en die opdragte wat hulle gegee het nietig verklaar, sowel as raadsvergadering wat tussen 19 en 21 Mei geneem is.

Dit sluit in mosies van wantroue teen Gcabayi en die voormalige speaker wat nou tersyde gestel is.

Volgens Gcabayi, voormalige onderburgemeester, wil die raad onder leiding van die ANC toesien dat “administratiewe sowel as wetgewende integriteit” gehandhaaf word. Hy sê die party kon nie toelaat dat die munisipaliteit op beweerde “onwettige wyse” oorgeneem word nie.

Hy sê die raad is dus gereed vir die verkiesing van nuwe uitvoerende lede en doen ’n beroep op die LUR vir plaaslike regering om stappe teen Lobese te doen oor aantygings van “rampokkery, bedrog en korrupsie”.

Verder sê Gcabayi die raad moet die begroting deurvoer en dienslewering aan inwoners bewerkstellig. Bitou bestaan uit die groter Plettenbergbaai-gebied.

In April is berig dat die DA en ANC saamgestaan het om te stem vir ’n wantrouemosie teen Lobese. Die mosie het geslaag nadat die aantygings van bedrog en korrupsie bekend geraak het.

Die DA het in dié tyd gesê hy het bewyse van twee forensiese ondersoeke en het klagte by die Valke aanhangig gemaak, waarna “vaste en onweerlegbare bewyse” bekom is wat glo dui op raadslede van die ANC en AUF wat by korrupsie baat gevind het.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Bitou-Munisipaliteit  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.