Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hof beveel munisipaliteit in Oos-Kaap om te ontbind

Die hooggeregshof in Makhanda het Dinsdagoggend beveel dat die Makana-munisipaliteit ontbind en onder administrasie geplaas word vir die skending van sy grondwetlike mandaat weens die versuim om basiese dienste te lewer.

Die aansoek is in Februarie 2019 deur die Unemployed People’s Movement (UPM) en ander burgerlike organisasies teen die munisipaliteit gebring.

Lede van die Unemployed People’s Movement (UPM) betoog buite die hooggeregshof in Makhanda in September verlede jaar.Foto: Lucas Nowicki/GroundUp

Hulle word deur Wheeldon, Rushmere & Cole in die hof verteenwoordig.

Die aansoek is in September aangehoor. Die Makana-munisipaliteit sluit Makhanda, voorheen Grahamstad, in.

Die hofbevel moet deur die uitvoerende gesag in die Oos-Kaap, een van die respondente in die saak, uitgevoer word.

Regter Igna Stretch skryf dat die munisipaliteit se optrede “strydig met die Grondwet is” en art. 152(1) en art. 153(a) skend deur “die versuim om ’n gesonde en volhoubare omgewing vir die gemeenskap te bevorder”.

’n Administrateur sal aangestel word totdat ’n nuwe munisipale raad verkies word. Die provinsiale regering moet intussen ’n regrukplan in werking stel om seker te maak dat die munisipaliteit sy grondwetlike pligte nakom.

Die aansoekers beskuldig die munisipaliteit van korrupsie, die versuim om water- en sanitasiedienste te lewer en die ernstige verwaarlosing van munisipale infrastruktuur soos paaie wat vol slaggate is.

Ayanda Kota, UPM-woordvoerder, het ná die uitspraak in ’n verklaring gesê dat daar “aan die demokrasie gestand gedoen is”. - News24


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.