Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Hof bevind munisipale bestuurder nie reg aangekla

Die Metsimaholo-munisipaliteit in die Noord-Vrystaat is deur ’n hofbevel voorlopig verbied om voort te gaan met ’n tugverhoor van sy munisipale bestuurder, Stephen Molala.

Die aanstelling van Matome Mashao as voorsitter van die tugkomitee om Molala te verhoor, is ook deur regter Pitso Molitsoane in die hooggeregshof in Bloemfontein ongeldig, onregmatig en nietig verklaar.

Molitsoane het gelas dat die tugverhoor net gehou mag word as die regte prosedures ingevolge die regte wetgewing gevolg word.

Die munisipaliteit, met Sasolburg, Deneysville en Oranjeville as hoofdorpe, is ook beveel om die regskoste van dié aansoek van Molala teen die munisipaliteit, Lindiwe Tsohongwe, burgemeester, Thabo Mabasa, speaker, en Mashao te betaal.

Net die munisipaliteit het die aansoek teengestaan.

Intussen moet die munisipaliteit al vir langer as ’n jaar Molala se salaris betaal sonder dat hy werk. Hy is verlede jaar geskors.

Al die aanklagte teen hom gaan oor finansiële wanbestuur en onder meer oor geld wat aan die munisipaliteit toegeken is en nie bestee is nie, kontrakte vir projekte wat toegestaan is en van die kontrakte wat verleng is.

Hy betwis die bewerings teen hom.

Hy is ingevolge wetgewing van 2010 aangekla, terwyl daar intussen in 2014 nuwe wetgewing deurgevoer is waarvolgens hy aangekla moes word.

Die munisipaliteit se argument dat hy nie ’n tugraad het, soos wat die wetgewing van 2014 vereis nie, hou nie water nie, het Molitsoane bevind. Al die munisipaliteit se argumente hieroor is deur die hof verwerp.

Die regter het bevind Molala is geregtig daarop om aan te dring dat die regte wettige voorskrifte gevolg word.

Daar was geen ondersoek en verslag aan die stadsraad deur ’n tugraad oor die geloofwaardigheid van die bewerings teen Molala nie. Daar is ook nie eens vasgestel of die klagte teen hom moontlik kwaadwillig, of blote spekulasie is nie.

Adv. Mike Louw, in opdrag van Louis Radley van Peyper-prokureurs, het vir Molala opgetree.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Hooggeregshof  |  Munisipale Bestuurder  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.