Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
'Hoop verrys uit Bfn-stadsaal se ruïnes'
Die ruiines van die Bloemfonteinse stadsaal waarbinne 'n groep argitekte van Bloemfontein nuwe hoop gekry het van hoe die gebou weer kan verrys. Foto: Verskaf

Hoop het Maandag (31 Julie) verrys uit die ruïnes van die Bloemfonteinse stadsaal toe ’n groep besorgde Vrystaatse argitekte self na die skade gaan kyk het – presies 40 dae ná die verwoestende brand wat skokgolwe deur die land gestuur het.

So sê Sunil Poken, argitek van die Mangaung-metro.

Hy sê ’n groep bekommerde lede van die Vrystaat-streek van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte het vir ’n begeleide toer by die stadsaal bymekaar gekom.

“Te midde van die hartverskeurende tonele van vernietiging het glimlagge op die gesigte van die groep verskyn toe dr. Johan Cromhout as verrassing vir hulle ’n paar musieknommers op die Steinway-vleuelklavier van 1936, wat die brand oorleef het, gespeel het.

Die ruiines van die Bloemfonteinse stadsaal waarbinne 'n groep argitekte van Bloemfontein nuwe hoop gekry het van hoe die gebou weer kan verrys. Foto: Verskaf

it was ’n begeesterde groep argitekte wat ná die besigtigingstoer in ’n raadskamer aan die suidekant van die stadsaal vergader het om die pad vorentoe te bespreek.

Poken sê hy het aan die argitekte verduidelik dat die saal moontlik meer spesiaal vir die inwoners van die metro was as enige ander gebou in Bloemfontein en dat die herbou daarvan op ’n spesiale wyse hanteer moet word.

Hy het voorgestel dat ’n bestuurskomitee wat bestaan uit professionele argitekte en lede van die Erfeniskomitee saamgestel moet word. Dié voorstel is geesdriftig gesteun en ’n komitee van 13 lede is daargestel wat hul toewyding aan die projek beloof het. Die komitee sal op ’n vrywillige grondslag vergader wanneer nodig om die proses van restourasie te lei.

“Hulle sal ook help om deur die oorblywende stukke in die stadsaal te sif sodat items van waarde wat nog behou kan word, uitgehaal kan word vir hergebruik in die restourasieproses. Hulle sal selfs die groter gemeenskap van Bloemfontein betrokke wil maak om dié geskiedkundige legkaart weer saam te stel.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brand  |  Mangaung-Metro  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.