Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Huise gaan vinniger kom, belowe Gauteng-premier

Die Gautengse regering gaan die grondbeskikbaarheidsprogram versnel om die behuisingsagterstand in stedelike gebiede in die provinsie te takel.

Gauteng Premier David Makhura
David Makhura

So het David Makhura, premier van Gauteng, Maandag in Soweto in sy provinsiale rede aangekondig.

Makhura sê hy sal Lebogang Maile, LUR vir behuising, daarmee taak om die oorhandiging van titelaktes in die provinsie, wat ’n nypende grond- en behuisingstekort het, te bespoedig.

Makhura sê Maile sal 100 dae tyd hê om ’n plan voor te lê oor hoe die provinsie se versnelde grondbeskikbaarheidsprogram die agterstand van ’n miljoen huise in die provinsie gaan verlig. Maile moet ook aandui wat die planne is om onvoltooide behuisingsprojekte af te handel, uitstaande titelaktes te oorhandig, stedelike hernuwingsprojekte (in Alexandra, Evaton, Kliptown, Bekkersdal en Winterveldt) tot stand te bring en hoe grondbesettings oor Gauteng heen verhoed gaan word.

“Binne twee maande sal ek elk van dié vyf townships besoek om terugvoering aan gemeenskappe te gee oor ons planne om die hernuwingsprojekte deur te voer. Ek wil noemenswaardige vordering sien ten opsigte van al dié knelpunte en onvoltooide projekte,” sê Makhura.

Hy sê dat 100 000 gedienste erwe oor die volgende vyf jaar as deel van die versnelde grondbeskikbaarheidsprogram beskikbaar gemaak sal word.

“Wat ons dus nodig het, is optrede en samewerking tussen die munisipaliteite en die provinsie om 100 000 gedienste erwe met die minimum boustandaarde beskikbaar te stel. Geen meer burokratiese vertragings nie. Ek is moeg vir net praat en min resultate.”

Die Alexandra-hernuwingsprojek, wat die regering in 2001 van stapel gestuur het, was daarop gemik om die fisieke, ekonomiese en maatskaplike omgewing in Alexandra te verander. Die projek het egter ’n politieke stok geword waarmee opposisiepartye die ANC in die algemene verkiesing op 8 Mei geslaan het. Gemeenskapslede in Alexandra het toe gesê die R1,3 miljard wat vir die projek bewillig is, is nie in verbeteringe vir die lewe van die inwoners omgesit nie.

Meer oor:  Premier  |  David Makhura  |  Gauteng  |  Soweto  |  Behuising  |  Huise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.