Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Huishoudings skuld R120 mjd. weens niebetaling vir dienste

Die heersende kultuur van niebetaling vir munisipale dienste in die land het daartoe gelei dat net die huishoudings in munisipaliteite landwyd gesamentlik sowat R118,5 miljard aan dienstegeld skuld.

Faith MuthambiFoto: DAILY SUN

Dít kan volgens die parlement ’n enorme onbedoelde uitkringeffek op dienslewering hê.

Dit was Woensdag die mening van Machwene Semenya, voorsitter van die portefeuljekomitee vir menslike nedersettings, water en sanitasie, en Faith Muthambi, voorsitter van die portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake, toe hulle die kultuur van niebetaling skerp gekritiseer het.

Die komitees het Maandag gehoor munisipaliteite landwyd, verskeie waterrade en die staat se Waterhandelsentiteit skuld nou R14,9 miljard nét vir water.

Semenya en Muthambi het gesê wat egter nog meer kommerwekkend is, is dat huishoudings, staatsdepartemente en ondernemings saam sowat R165,5 miljard vir dienste aan munisipaliteite skuld.

“Van hierdie bedrag skuld huishoudings sowat R118,5 miljard aan munisipaliteite, private ondernemings skuld R24,7 miljard en staatsdepartemente R10,2 miljard.

“Die komitees stem saam met die aanbeveling (van ’n interministeriële komitee) dat voorafbetaalmeters vir water die ideaal is om die R118,5 miljard se skuld van huishoudings te delg, sowel as om probleme met onakkurate munisipale waterrekeninge op te los. Die gebruik van voorafbetaalmeters sal huishoudings ook in staat stel om te kan begroot vir die dienste wat hulle kry,” het die komitees in ’n gesamentlike verklaring gesê.

Volgens Semenya en Muthambi is dit eerstens belangrik dat staatsdepartemente, gemeenskapsleiers en huishoudings wat dit kan beskostig om vir dienste te betaal, dit wel doen.

“Om ’n kultuur van betaling vir dienste daar te stel moet ons begin met die gemeenskapsleiers en staatsdepartemente. Miskien moet ons daarna kyk om beleid te versterk en om niebetalers, veral dié in magsposisies, te ontbloot.

“Hierdie kommerwekkende kultuur het ’n regstreekse impak op die vermoë van regeringsagentskappe op alle vlakke om dienste aan die mense te lewer.”

Die komitees meen verder dit is onvolhoubaar dat munisipale waterskuld R14,9 miljard beloop. “Dit het ’n regstreekse invloed op waterrade en die Waterhandelsentiteit om hul mandaat doeltreffend uit te voer.”

Meer oor:  Politiek  |  Skuld  |  Dienste  |  Huishoudings  |  Niebetaling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.