Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Húlle skuld die meeste vir boetes

Verkeersoortreders wat die Kaapstad-metro se verkeersafdeling derduisende rande vir uitstaande boetes skuld, is onlangs in hegtenis geneem.

Volgens Richard Coleman, woordvoerder van die verkeersafdeling, word hulle deur moontlike tronkstraf in die gesig gestaar as hulle nie die uitstaande boetes betaal nie.

Die grootste oortreder is volgens hom ’n taxi-eienaar met 166 uitstaande verkeersboetes van R202 500.

Twee huurmotormaatskappye het onderskeidelik 144 uitstaande boetes van R117 350 en 138 uitstaande boetes van R112 810.

’n Minibustaxibestuurder is weens 56 boetes aangekeer waarvoor hy R103 500 skuld, terwyl ’n taxi-eienaar met 45 uitstaande boetes van R84 100 op borgtog vrygelaat is.

Nog ’n minibusbestuurder met 32 uitstaande boetes van R83 000 het is ook op borgtog vrygelaat.

’n Taxi-eienaar is weens 79 uitstaande boetes van R73 810 aangekeer, terwyl ’n ander taxi-eienaar met 67 uitstaande boetes van R56 800 verlede week al sy boetes betaal het.

Daar is nog ’n taxi-eienaar wat R36 300 weens 45 uitstaande boetes skuld.

Die oortreders is onlangs deur die verkeersafdeling se lasbrief-taakspan in hegtenis geneem.

“Diegene wat nie hul borgtog kon betaal nie, bly tot hul volgende hofverskyning in aanhouding. Indien hulle nie die uitstaande bedrae betaal nie, kan die landdros hulle tronkstraf oplê,” sê Coleman.

Meer oor:  Richard Coleman  |  Wes-Kaap  |  Verkeersoortreders  |  Inhegtenisneming  |  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.