Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Imam se graf en moskee nou ’n erfenisterrein
Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR van sport en kultuur, saam met imam Abdullah Haron se familie by die onthulling van die plaak by Al-Jaamia-moskee in Claremont.

Die Wes-Kaapse regering het Donderdag erkenning gegee aan imam Abdullah Haron, ’n apartheidsaktivis wat in die apartheidsjare vermoor is.

Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR van sport en kultuur, het ’n plaak ter ere van Haron by die Al-Jaamia-moskee in Claremont onthul en gepraat oor die rol wat hy as apartheidsaktivis gespeel het.

Imam Haron was destyds 45 jaar oud toe hy op 27 September 1969 in polisie-aanhouding vermoor is.

Marais sê die provinsiale regering gaan die moskee as ’n provinsiale erfenisterrein verklaar asook Haron se graf.

“Met die hulp van Erfenis Wes-Kaap, die Kaapstadse metroraad en insette van die Moslem Juridiese Raad (MJC), sal die sosiopolitieke en godsdienstige belang van die terrein amptelik as ’n provinsiale erfenisgebied erken word.

“Ná ondersoeke en nadat al die amptelike prosesse gevolg is, kan die sosiopolitieke belang van die Al-Jaamia-moskee en Haron se graf nou in die kollig geplaas word.”

Volgens die LUR was Haron nie net betrokke om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring nie, maar hy het ook bewustheid geskep oor maatskaplike ongelykhede in daardie tyd.

“Die imam se aktiewe belangstelling in die versetbeweging is deels ontketen deur sy besluit om die leringe van Islam na swart trekarbeiders toe te neem.”

“Hy was ’n dapper stem wat die apartheidsregime openlik geminag het deur sy geesdriftige standpunt teen diskriminasie, gewelddadigheid en rassisme. Sy bydrae, in ’n tyd toe baie Moslem-geestelikes stil was, het ’n kritieke rol gespeel om mense se denke te beïnvloed en optrede teenoor die apartheidstaat teweeg te bring,” sê Marais.

Meer oor:  Moskee  |  Graf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.