Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Inwoners van Marquard ‘ontplof’ oor vuil water

Sommige inwoners van die Oos-Vrystaatse dorp Marquard is woedend omdat hul drinkwater vanaf die Setsoto-munisipaliteit glo bruin en vuil is, terwyl ander sê dat daar niks met húl water skort nie.

Sommige huishoudings in Marquard in die Oos-Vrystaat se drinkwater lyk glo só, en dié inwoners kla by hul raadslid daaroor. Foto: Verskaf

Flip Strydom, ’n DA-raadslid van die dorp, het ’n foto van die vuil drinkwater aan Netwerk24 gestuur. Hy het dit ook op ’n WhatsApp-groep van Marquard-inwoners geplaas, wat glo behoorlik hieroor “ontplof” het.

Sugar Ramakarane, die munisipale bestuurder van die Setsoto-munisipaliteit (Marquard, Senekal, Clocolan en Ficksburg), sê Strydom het hom ook Donderdag gebel om oor die vuil drinkwater te kla, maar hy kon sedertdien nog nie agterkom waar die probleem presies is en wat dit veroorsaak nie.

Hy het aan Netwerk24 gesê hy stel ondersoek in en sal so gou as moontlik laat weet hoekom die water so lyk.

“Ons het ’n span werkers daar om te kyk hoe dit opgelos kan word.”

Die personeel van die B&G Slaghuis in Marquard sê egter hul water is skoon.

Hulle weet van drie of vier huise in Krugerstraat in die dorp wie se water glo so vuil soos dié op die foto is.

Strydom sê daardie gebied se water het twee of drie maande gelede ook so gelyk en toe is munisipale werkers gestuur om die pype skoon te maak.

“Ons kan nie kort-kort die inwoners aan sulke liederlike drink- en badwater blootstel nie en die probleem moet nou permanent opgelos word.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Marquard  |  Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.