Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Inwoners van Philippi kwaad oor krag

Inwoners van Philippi in Kaapstad het Dinsdag die strate ingevaar, ’n pad versper en motorbande aan die brand gesteek weens ontevredenheid oor elektrisiteit.

Lede van die polisie, metropolisie en verkeersafdeling was op die toneel nadat Olieboomstraat versper is en inwoners onder meer vullis aan die brand gesteek het.

Volgens die gemeenskapsleier George Felix is hulle ontevrede omdat hulle ná 20 jaar steeds sonder elektrisiteit sit.

Inwoners van Philippi eis elektrisiteit en basiese dienste.Foto: Verskaf

“Ons is baie ontevrede oor hoe die metroraad ons behandel. Ons oumense en kinders word siek in die haglike omstandighede. Ek is amper 50 jaar hier en ons sukkel al meer as 20 jaar om krag te kry,” beweer Felix.

Volgens hom is die mense moeg om vir basiese dienste te pleit by ’n metro wat niks vir hulle omgee nie.

“Die raadslede kom en gaan. Hulle maak beloftes wat nooit nagekom word nie. Ons sien hulle net in die verkiesingstyd en dan nooit weer nie. Nie een van die raadslede werk vir ons nie.”

Inwoners versper paaie in Philippi.Foto: Verskaf

Hy sê mense het probeer om “krag te vat” omdat hulle al so lank op elektrisiteit wag.

“Hoekom moet ons so sukkel? Moet ons eers die reg in eie hande neem voordat iemand luister? Dit kan mos nie wees dat ons ná al die jare steeds nie krag het nie.”

Volgens Richard Coleman, verkeerswoordvoerder van die Kaapstad-metro, was Olieboomstraat in albei rigtings tussen Varkensvlei- en Old Ottery-weg gesluit, maar dit is net voor 18:00 weer vir verkeer oopgestel.

“Mense betoog vir huise en gratis elektrisiteit. Hul onwettige elektrisiteitstoevoer is afgesny en dit het probleme veroorsaak,” sê hy.

Ontevrede inwoners betoog oor elektrisiteit en versper paaie in Philippi. Foto: Jaco Marais
Inwoners brand vullis en motorbande in Philippi.Foto: Jaco Marais
Inwoners van Philippi is ontevrede omdat hulle nie elektrisiteit het nie. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Kaapstad  |  Philippi  |  Krag  |  Betoging  |  Protesoptog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.